Mens moet seker erens begin? En aangesien ek nog nie reg is vir 'Tell' nie, 'Show' ek maar net vandag. Dis 'n ietsie van my - ek hou van foto's. Myne, en ander mense s'n.
Dubrovnik, Kroatie. Dis op die muur wat die Ou Stad
omring - 'n klein kafeetjie reg bo in die middel van
die laaaang stap.
Ek speel bietjie met my kamera (my eerste, groot
speelding wat ek SELF gekoop het) Desember 2010
op Vleesbaai se strand. Dit was die eerste keer
dat ek hierdie soort jellievisse gesien het daar.
Viljoen-Kersfees Desember 2010 - my twee susters
en neef probeer die groot middagete af te loop,
net om reg te maak vir die groot (vr-)eet die aand!
Hoe dan anders?
Santorini, Griekeland Junie 2010. Sug. Salig.
Weer die beste plek ooit - Vleesbaai.
Paternoster se strand...
Rome - wat 'n ongelooflike ervaring was
dit nie!
Weer Dubrovnik - kyk net die hondjie
onder die tafel!